MABUASEHUBE 18-22 JANUARIE 2006

 

Jaco Rautenbach & Jaco Nepgen

 

<Kliek hier vir die fotos>

 

Ons verlaat Pretoria op Woensdag 19 Januarie en ry tot op Vryburg. Drink n vinnige Windhoek by die Groot Kameeldoringboom en skuif toe aan tot in Kuruman. Oornag die aand by Red Sands, wat hierdie jaar sy naam gestant doen, en word die aand vol sand gewaai deur n sterk wind. Red Sands het bitter min reen gehad en daar is anders as vroeer jare, geen gras nie. In die kampterrein ontmoet ons vir Steve, wat besig is om met n Beach Buggy van Kaapstad na Londen te ry. Hy het reeds 8800kms in RSA voltooi en slaan die Moz grens binnekort. Hou n oog oop vir hom of kyk Feb. op Carte Blance na sy wedervaringe. Alles vir kindermishandeling.

 

Donderoggend is dit reeds lekker warm en ons neem die pad van Kuruman verby Hotazel na McCarthys Rust grenspos. Biede die SA en Bots kant is vinnig en vriendelik. Die 140km grondpad na die grenspos is in n goeie toestand en ons kan gemaklik 80-90kmh hanhaaf met stywe bande. Min sinkplaat. Ry die 26km teer pad tot in Tsabong en maak vol met petrol. Pula 4.15per liter (R4.75) Artemis ry met 112liter, een tenk, tot in Tsabong. 818km J  Koop by die drankwinkel twee kaste St.Louis teen Pula 180.00 Ry van Tsabong na Berrybush en gaan se hallo vir Keith en Jill. Hulle is baie bly om ons te sien en stuur groete aan almal. Lekker om die 2003 Legends groepfoto teen hulle kennisgewingbord te sien.

 

Die eerste 40km vanuit Tsabong na Mabua is n rug en voertuig breker. Sinkplaat soos ek hom nog nie gesien het nie. Gelukkig ry ons deur Keith se plaas en mis 20km van die slegste deel. Die res van die grondpad tot waar die laaste sand deel begin, is in goeie toestand en ry lekker. Die laaste 80km sand pad na die Mabua ingang is baie diep en baie los en baie dik. Lekker harde werk

 

Langs die pad kry ons die wrak van n uitgebrande Range Rover en parte le die wereld vol, wonder of iemand kennis dra van die kar?

 

By Mabua ingang is die dame half vies omdat ons nie bespreek het nie en sy berispe ons en se dat ons nie weer sommer net opdaag nie. Keith het ons gewaarsku dat dit gaan gebeur en dat ons volgende keer sommer deur hom moet bespreek. Die dame se ons kan die aand in Monamodi Pan kamp en dan die volgende oggend terug kom terwyl sy per radio vir ons n bespreking reel. Monamodi is mooi en dit reen lekker in die Kalahari. Ons staan sommer so buite en gesels in die reen. Braai die aand lekker en word wakker met die reuk van nat veld. Geen diere of diergeluide in die nag.

 

Vrydag oggend ry ons van Monamodi na Lesholoago Pan en toe na Mabuasehube Pan. Lekker gelag om te sien dat die kraan by nommer 2 nog steeds drup.( Snaaks om storte te sien by van die kampplekke) Sien n klomp Gemsbokke en Springbokke en geen ander mense nie.Van Mabua Pan ry ons na Khiding Pan waar ons met 2003 se Legends gebly het. Buite temp is 38 gradeC en binne temp is 35 grade C. gelukkig is die St. Louis temperatuur -1 graad C.

 

Van Khiding pan ry ons na Mpaathutlwa Pan en kyk hoe n donderstorm deur die veld aankom. Beweeg terug na die ontvangs area waar hulle se dat ons die aand by Mabua kamp kan staan. Betaal Pula 416.00 vir vier mense se kamp, park toegang en voertuig ingang. So plus minus R60.00 per persoon per dag. Ons gaan terug Mabua pan toe en spandeer die middag in die voertuie terwyl die wind alles om ons onder die sand begrawe. Die bewringsgesindes onder ons sal bly wees om te hoor dat ons nie vir die Eekhoringkie op die foto enige komkommer gegee het nie.. Sy het wel met ons n paar pretzels, n toffie en n bier ge-deel. Die St.Louis en n skerpioen in Mike se bed sorg vir afleiding. Later die aand gaan le die wind en ons braai lekker. Baie geluide en baie ogies.

 

Saterdag oggend ry ons rustig na die ontvangs, teken uit en vat die 60km sandpad. Met die onlangse reen neem dit een en half uur om die afstand af te le. Die grondpad ry nog steeds lekker, behalwe vir die laaste 40km tot in Tsabong. Met die reen is hy nou nog erger sinkplaat en hy skud alles uitmekaar. (Ergste wat ek nog gery het.) Dit neem ons minder as 15 minute om deur beide grensposte te gaan. Pad na Hotazel is nou papnat en nie meer so lekker om te ry nie.Stop die middag in Vryburg waar ons die aand by Boereplaas gaan oornag. Met al die sand en modder het die 480km tot in Vryburg, ons 8 ure ge-neem.

 

Sondag oggend rustig vanaf Vryburg tot in Pta.

 

Weereens is dit bewys. As jy life is vir die veld het jy nie veel nodig om jou gelukkig te hou nie. Ons het verskriklik min diere gesien en tog was dit een van die lekkerste trippies van my lewe. NIKS makk n trip so lekker soos die mense nie. Jaco En Maritsa Nepgen en swear Mike was uitstekende toergeselskap.

 

Ek wens elke lewende wese kon n slag in n reenbui in die Kalahari staan. Die reen ruik, voel en proe net anders.

 

Mabuasehube is n moet vir elke bos entoesias. Daar is geen mense nie en spanne se oopte om te geniet, dit bly een van my gunsteling plekke.