Jaco
& Jaco se Laeveld Pub Crawl 12-16 Oktober 05
(verskyn
ook onder die titel: En toe raak ons snotters !)
Hierdie is nie n reisverslag in die ware van die sin van die woord nie.
Ons het nie rerig ge-reis nie, net lekker ge-kuier in n paar plekke. Sien dit
dus meer as n kuier verslag
Dag
1 – 12 Oktober 2005
Toe Jaco Nepgen my Maandag vra of ek lus het om Woensdag saam met hom n
bier te gaan drink, het ek ge-se ek is in. Ek kom tel jou sommer met Olive op,
het hy ge-se. Dan kan ons sommer kyk hoe loop sy en wat is haar petrol
verbruik. Woensdag stop Neppas by my en laai alles wat ons nodig het. Drie
kaste W/Hoek Draught (Hierna verwys WHD), twee steaks, n rol wors en twee
pakkies bacon. Gooi twee visstokke in vir die wis en die on-wis. 17H00 staan
ons in die pad en Neppas vra waantoe gaan ons? Weet nie, se ek, maar daar is n
oulike Pub in Dulstroom en ek is dors. Weg is ons. Die N4 oos is stil, weerlig
speel op die horizon en Olive loop met so n lekker diep dreuning.Mens kry
sommer so n lekker gevoel op jou maag en jy praat myle se stront.Kry so n
bietjie reen tussen Witbank en Middelburg, maar dis te min om die trok te laat
lek.
Stop presies om 20H00 in Dulstroom by die Poacher Pub & Grill.

Van al die plekke wat ons besoek het, het die Poacher die meeste
atmosfeer ge-had. Baie visstokke teen die mure, derduisende kunsvliegies in
glaskaste en n lekker vol kroeg. Hulle het yskoue Kilkenny op tap en die
kroegman kan n drieblaar klawer met die skuim gooi. Nou sit ons eers en strooi
praat. Toe ons weer ons oe uitvee is die kroeg leeg en daar is n nuwe kroegman
( wat nie n klawer kan gooi nie ) Op dertien myl kan jy sien die kerel is
uitgehonger vir geselskap en ons is dit. Sy naam is Billy, hy is 28 en hy het
meer ringe, spykers en studs in sy gesig as n ystervark op sy lyf. Billy is
smalltown, hillbilly white trash. Hy vertel met smaak van sy 16 jarige cherry
op die dorp en wat hulle alles aanvang. Ons vertel vir Billy dat hy Pretoria
toe moet kom sodat hy toegesluit kan word. Hy sien die humor daarin.Hy vra ons
wat die problem daarmee is en Neppas verduidelik aan hom dat hy n siek etter is
en dat hy uit sy pad moet bly.
Met die stap daar n aanvallige jong dame die pub binne en vra aan Billy
of sy die nuwe stud in sy tong kan sien.Hy vra of ons dit ook wil sien en
Neppas wil weet watter deel van, bly van ons af weg , het hy nie verstaan nie.
Sy dink ook dis dof , se sy. Niemand kan dit sien nie. At least het sy n good
looking ass, se sy. Dink julle ook ek het n mooi backside, vra sy ons. Sal nie
kan se nie, ons het nie ge-kyk toe jy inkom nie, antwoord ons. Met die spring
sy op, kom staan voor ons, vryf verleidelik oor haar borste en heupe en slaat
haarself toe met albei hande op die boude. Baie oulik se ek en Neppas in n koor
terwyl ons elkeen n glas breek. Thanx, se Sharon (sy het haarself nou al
voorgestel ) maar julle moet weet, ek is so n bietjie van die local slet. Ek en
Neppas breek elkeen nog n glas. Billy raak kriewelrig en ons besluit om te
loop. Nee, moenie loop nie, se Sharon. Ons hardloop!!
Kilkenny
R18.00
WHD R13.00
(op tap)
Ons vind uit Olive verloor iewers krag en ons moet haar run-start.

Na Billy en Sharon voel ons om iewers rustig te gaan sit en gesels.
Stop by die ou Transvaal Inn, wat nou die Dulstroom hotel is.

Rexon is die man agter die toonbank en hy skink vir ons elkeen n lekker
koue Mitchells Foresters Draught. Rexon is uitgehonger vir geselskap en ons is
n goeie gehoor. Hy vertel jou die stories van sy dae toe hy nog die Loskop
marathon ge-hardloop het en wys jou die fotos as bewys. Ek en Neppas is nou op
daardie punt wat ons lekker kuier en neem fotos waar ons die opgestopte Hadida
vashou.

Koop vir ons elkeen n sigaar, wat sekerlik gerol is in Kuba, op die dy
van n jong vrou met n blaasprobleem. Die ding het kompleet soos stront geproe.

Rexon roep last round en ons besluit om aan te stoot Sabie toe.
Dulstroom het intussen toegemaak.
Foresters Dr. R16.00 (op tap)
Kom 01H00 in Sabie aan en besluit om sommer te kamp by Castle Rock
karavaan park. Plek is leeg en ek slaan sommer tentjie onder die dak op, want
dit lyk na reen.
Totale afstand afgele vir die dag 370km
Totale tyd tot in Sabie 8ure

Neppa se slaap plek

Jaco R se slaap plek
Dag
2 13Oktober 2005
Verlaat Castle Rock in digte mis vir 'n lekker Wimpy ontbyt.

Kamp was R70.00 vir n kragstaanplek en die
storte was lekker warm.Plek lyk nog net soos 15jaar terug. Koop by Midas n nuwe
stel ruitveers en vat die pad. Mis tussen Sabie en Graskop is so dig dat jy nie
vinniger as 40kmh kan ry nie.Olive se Overtech ombouing skrik vir geen pas nie.
Op Graskop is al die kuierplekke nog toe en niemand wil vir ons oopmaak nie.
Koop toe maar n bottle of twee Bio Plus en kry gou gisteraand uit ons sisteme.
Die pad van Graskop af in die rigting van Blydepoort/Drie Rondawels is
asemrowend mooi en vrot van die busse vol europieers.

Ek voel dat elke persoon wat kan, eenkeer in sy lewe die Abel Erasmus
pas met n Land Rover moet ry. Teen daardie spoed kan jy werklik die omgewing
waardeer. Dit is nogal snaaks, maar die oomblik wat jy op die pas is, verander
die weer van matig, na snot warm. Die wereld hier is kurkdroog en
opgevreet. Aan die onderpunt van die
pas is die Strydom tonnel en die Mantousa karavaanpark en pub. Oulike
drankwinkel op die perseel , wat gebou is in die vorm van die kasteel op die
Castle blik.

Die karavaan park en ontspannings terein het daardie ouwereldse gevoel
wat jou laat terugverlang na skoolvakansies, bustoere en naweke weg saam met
die oumense. Plekke waar jy gou nuwe maters maak, die hele dag swem en die aand
soos n rooi Vienna lyk. Die plek is oud, maar silwerskoon en word bestuur deur
n ou dame wat my seun en vir Neppas skat noem. Toe ons haar naam vra, se sy ons
kan haar sommer tannie noem. Haar sussie uit die Boland het n week vir haar kom
kuier. Dit was agt maande gelede en die sit nou nog daar. Sy wil by ons weet of
ons nou al ooit so n mooi Bolandse nooi soos sy gesien het. Ons maak n grappie
dat daar nie genoeg bier daarvoor is nie, maar hulle vang dit nie. W/Hoek is
yskoud en son is hond warm.

WHK Lager
R8.50 per bottel
Verlaat Mantousa en stoot aan Hoespruit toe. Die wereld word droer en
ry teen n kopwind in wat die spoed tot 80kmh beperk. In die 40 of so kilometers
Hoedspruit toe ry ons amper n kwart tenk uit. Maak vol met 111.8 liters petrol
vir die 488kms afgele, gee aan ons so 4.39kms/l. Neppas is n bietjie stiller as
n uur tevore. Ons besluit om die Cheeta re-habilitasie plek te gaan besoek,
maar wil net eers stop vir n vinnige biertjie. Ry toe net daar en dan in by
Tractors Pub & Grill.





Plek is great, atmosfeer is rustig, die mense is vriendelik en die bier
is warm. Ons besluit om te loop en veroorsaak amper n riot. Hulle sal dadelik
vir ons bier op ys sit as ons sal bly. Ons bly. Om ons te treat sit hulle een
van daardie boere bump sokkie cds op
wat jou skaam maak dat jy wit Afrikaans is. Die pub is iets om te beleef. Die
plek staan vol ou trekkers en implimente. Van 1932 kruiptrek modelle tot vaaljapies
en John Deers. Neppas neem n paar kiekies en hulle is so bly dat hulle die goed
vir hom opstart. Die plek is vol rook en parafiendampe en almal klap hande. Jy
kan daar en dan een koop en hom wegry, behalwe die John Deere. Vir hom moet
hulle die deure afskroef. Die Vaaljapie loop ongelukkig ook nie meer nie. Een
of ander dronk doos het Klipdrif en Coke in sy tenk ge-gooi toe seize hy. Ek
leer gou vir Neppas n les of twee met biljard en hy sulk so n bietjie. Toe ek
vir hom se dat die dik girl by die toonbank vir hom loer, se hy ons moet loop.
Dit is sesuur en word nou vinnig donker. Shit, ons het weer die Cheetas ge-mis.
Besluit ons sal maar sommer Zwadini se kant toe staan wat darem net so 30km in
die pad af is.
By die afdraai sien ons toe n klein plekkie met die naam van die Rhino
P & G.


Opsluit is ons weer dors en loop in. Nee, se die tannie, hulle is nog
nie oop vir die publiek nie, ons moet more terug kom dan het hulle n skaap op
die spit. Ons is nou dors en nie lus vir more se skaap nie. Nee, se die tannie,
julle moet fort. By die kroeg sit n omie wat lyk of hy al n rukkie daar is Kom
drink saam my n klip en coke se hy. Dit is sy eie stock en ons aanvaar die
aanbod. Die tannie ontplof en kak die oom daar en dan uit. Die oom se ons moet
maar eerder gaan en sorry dat die tannie so bitch is. Zwadini is groot, groen,
leeg en baie skoon. Ek sidder as ek aan daardie plek dink oor n naweek of
vakansie. Daardie aand waai die wind eers my tent en toe die braaivleisvuur
weg. Ons is mislik vir die weer en gaan slaap maar.

Nog ‘n gesig wat ons nooit
sal vergeet nie….
Dag
3 14 Oktober 2005
Die volgende oggend is betrokke en koel. Zwadini bied ons niks so ons
val vroeg in die pad. Die hoofweg Phalaborwa toe is verskriklik mooi, maar
hartseer droog. Net buite Phala sien ons n bord wat praat van die Amarula
lapa.Neppas se hy is dors en ons trek summier daar in. Nee, se die tannie,
hierdie is die plek waar hulle die Amarula maak en hou proe sessies en toere.
Hier is nie bier nie. Phala is oulik, maar daar is niks wat ons trek nie. Oppad
uit sien ons die Buffalo P & G.

Neppas bestuur en dit is my
beurt om te hoor of hulle vir ons sal oopmaak vir n bier. What the hell, se die girl en nooi ons in.
Plek het lekker atmosfeer en die yskas agter die kroeg is n cold room met glas
deure na die buitekant toe. Lyk baie mooi. WHK DR is yskoud en ons kekkel
terwyl die personeel een een opdaag vir die dag. Dit is lekker koel buite,
vorige dag was 48 grade C. Neppas neem n foto van die groot Buffel kop by die
ingang en vra die twee kroegdames of hulle sal omgee om saam in die foto te
wees. Susan vra of Neppas die foto topless wil he. Neppas breek nog n glas.

WHK Draught R9.00 (blikkies)
Verlaat die Buffalo en slaan die pad Tzaneen toe. Nie ver nie sien ons
n bord wat se Selati River Lodge & Pub.

Baie oulike plek en ons besluit om n rukkie te kuier. Die plek is vol
vlakvarke en daar is twee woelige Jack Russels in die kroeg.


Melissa is in beheer van sake, sy is 18 en het n dogtertjie van 8
maande wat by haar ma op Phala bly. Haar kerel het haar na die geboorte soos n
sak kak ge-los en hy is terug Roodepoort toe. Sy is oulik, ons is getrek en ons
kry haar baie jammer en beluit saam dat die kerel n sleg vark is. Ferdi is die
eienaar en verstaan nie dat ons nie jag nie. Dit is vir hom vreemd, hier jag
almal.

Ons besluit na n lang middag om die pad te vat en die mense is erg
omgekrap. Hulle kan nie verstaan dat ons nie maar die nag wil oorbly nie.
WHK Lager R7.00 (bottle)
Dubbel Squadron en Coke R15.00
Dubbel Klipdrift Premium en Coke R14.00
Dit raak nou laat en ons is nog nie in Tzaneen nie toe ons n bord langs
die pad sien met die naam van On The Rocks. Oulike klein plekkie met n groot
plaaslike inhoud. Almal wil weet waar kom ons vandaan en wat maak ons daar,
maar ons praat nie meer so lekker nie. On The Rocks het min atmosfeer, daar
broei n hoender in hulle kaggel…


en n mak boerbok loop die hele kroeg deur. Die hoender lyk beteuterd en
die bok ruik soos stront. Ons besluit om te loop, maar die plaaslikes wil niks
daarvan weet nie en ons kry nog n bier. Ansie is die Kroegdame, haar man is 7
jaar gelede oorlede en sy en Gert is nou n jaar getroud. Hulle hou van die pub
en maak n redelike lewe daaruit. Sy het al 6 Comrades gehardloop en mik vir
haar groen nommer. Sy glo nie dat ek en Neppas al comrades gedoen het nie en
ons is nie lus om haar te oortuig nie. Vra haar of daar nog n kuierplek en
kampplek naby is. Nee, se sy, daar is nie kampplekke nie, maar ons kan die
kamer bo die kroeg kry en die aand daar slaap. Die enigste ander lekker
kuierplek is die Half Mens, maar hy is die aand gesluit vir die publiek weens n
privaat funksie. Blykbaar is dit die eienaar, Johan, se verjaardag. Ons besluit
om te gaan kyk.
On The Rocks R8.00 WHK Lager (Bottel)
By Half Mens kook dit.,


maar hulle wil ons nie toelaat nie, dis n privaat geselligheid. Dis OK,
se ek, ons het van Pretoria af gery vir Johan se verjaardag. Great, se hulle,
kom in. Johan is n aangename, joviale mens wat reeds baie Klipdrift in het en
vas oortuig is hy onthou ons van Pretoria af. Ons gaan hom nie reg help nie. Hy
is skoon emosioneel dat ons al die pad vir sy partydjie gery het. Die plek is
vol familie, kinders, honde en plaaslike boere.



Ons staan uit soos twee seer duime, maar is verby die punt wat ons
omgee. So teen elf uur vra ek vir Johan of daar n kampplek naby is? Se moer, se
hy, julle kamp net hier agter die pub in ons kampterein. Daar is ablusies en n
stort so ons is reg. Gaan slaan gou tent op en toe gaan ons groot. Neppas sing
harder as Kurt Darren op die Hi-Fi en wil met al die boere tannies dans. Ons
besluit om dit n nag te roep na een en gaan maak n potjie varkworsies gaar.

Jammer vir die vinger !!!!
Johan kom hoor of ons oraait is
en bedank ons nogmaals dat ons al die pad gery het vir sy verjaardag. Volgende
oggend sien ons dat dit nie n kampeerterein is nie maar die rubbish dump. Ons
stort, pak op en vat die pad.

Neppa voel nie te lekker
nie????
WHK Lager R10.00 (Bottel)
Dag
4 15 Oktober 2005
Kry nog Bio Plus in Tzaneen en vat pad na Chris vd Merwe in
Pietersburg. Net buite Tzaneen is die Toad Hollow Pub & Grill.



Die Bio Plus was sleg, so ons stop vir n vinnige biertjie. Resne is n
tipiese plattelandse kroegmoeder. Sy se dit is nog nie 9 uur nie, maar ons moet
inkom, sy is self lus vir n Bloody Mary na gisteraand se kuier. Sy het die
Mary, ons het twee yskoue W/Hoeke en toe kook dit. Met swaar harte verlaat ons
stellig vir Toad Hollow en stoot aan Magoebas toe.
WHK Draught R9.00 (Swart blik)
Magoebas is baie mooi, maar baie droog. Ebenezer dam is n tragiese
gesig en het net 14% water in.

In Haenertsburg kry ons die Iron Crown Pub & Grill.

Jenny en haar man Martin het die plek al jare en hulle is n uitstekende
bron van informasie oor die omgewing en sy besienswaardighede.
Die kroeg het hordes ou fotos en n lekker warm atmosfeer.


Die W/Hoek is ys koud en Neppas kry nog n les in pool.

Chris bel en vra of ons van plan is om dieselfde dag Pietersburg te haal. Ons verlaat die Iron
Crown en vat die lelike stuk pad verby Morea na Pietersburg.
WHK Lager R9.00 (bottel)
In P/Burg dring Chris daarop aan dat ons sommer by hom oorbly aangesien
daar nie lekker kampplekke in die omgewing is nie.

Chris by Olive

Chris se hond was ook bly om
ons te sien.
Chris en Connie is seker van die mees gasvrye mense op aarde. Ons het
rugby gekyk, gebraai en sommer net n hond uit n bos gekuier. Sommer agter in
die tuin geslaap.

Volgende oggend na n reuse ontbyt, dankie Connie, vat ons die pad Pta
toe. Maak vol met 103L vir 564Km, wat darem n meer respektabele 5.4km/l gee.
Alles in alles n verskriklike lekker ervaring.
Die volgende is n paar goed wat ons so op die pad agter ge-kom het.
Mans kan moer eenvoudig kamp.
Die wereld ander kant Sabie is onbeskryflik droog..
Almal buite die stede is die mees ongelooflike
opregte en gasvrye mense..
Alle plattelandse kroee het diere in, lewendiges.
Die jong mense op klein plekkies is ge-frusteerd en
weet nie wat om met hulself aan te vang nie.
Mense op die kleiner dorpies is uitgehonger vir
ander geselskap en sal jou vir ure met bier omkoop om langer te bly.
Alle Defender eienaars op die pad het hallo gese.

Geen Discovery eienaars op die pad het hallo gese
nie.
Almal aan die onderkant van Abel Erasmus pas glo dat
Kilkenny iemand is wat volgende week daar kom sing of dat dit n maak van
buiteband is. As jy se dat jy dit drink, lag hulle vir jou.
Ons weet nou waar maak Paricia Lewis, Jurie Els en
elke neef wat al n boere Bump cd gemaak
het, hulle geld.Almal daar het die stront en hulle speel dit tot jy wil kots.
Tussen Hoedspruit en Tzaneen vra die ooms, wat nog
die hoede met die Springbovelletjie dra, of die K#$%er myd dan nou nooit weer
vir hulle n bier gaan bring nie. Sy doen dit dan ook, terwyl sy Die Campbells
se Rooirokbokkie sing.
Geen geld kan goeie reisgenote koop nie.
Van die 3 kaste swart Winhoek Draught blikke wat on
saamgeneem het, het ons 6 blikkies gedrink. Die res is huis toe.
Die Laeveld is Toyota wereld.
Met n bietjie hind-sight kon ons dit seker vinniger gedeon het, maar ek
voel dat 1 292kms in 5 dae nie te sleg is nie.