Trip Report: Hannes & Esmarie
Thirion –
Fotos van ons
vakansie <kliek hier> !
Voertuig:
2001
Toyota Hilux KZ-TE D/C 4x4, met sleepwaentjie op teer, voertuig alleen op
grond/sand.
Begin:
149268km, terug: 152036 km. 150000km-diens voor vertrek.
Geen
meganiese probleme, papwiele ens.
Statistiek:
Totale
afstand: 2764 km
Gemiddelde
verbruik: 8.8 km/lt
Beste
verbruik: 9.6 km/lt (teerpad,
Swakste verbruik: 8.1 km/lt (
Dieselpryse: R5.35/lt,
Engen Pretoria,
R5.41/lt,
Piet Retief
R5.47/lt
R5.47/lt
Ermelo
Verblyf:
Sugarloaf kampterrein,
Weer: Meestal bewolk met sagte reen een of twee
keer. Nie te
warm en drukkend, heel aangenaam.
Hoogte
punte
Sien die groot vyf op een dag in
Hluhluwe-Umfolozi park. Baie renosters, buffels… in verhouding min rooibokke…
Voortstormende-enkel-renoster laat ons vinnig agteruitry
op grondpad… kry tog nog goeie fotos! (sien foto no
085)
Bootrit op St Lucia-meer baie
leersaam en sien baie seekoeie, krokodille en watervoels.
Snorkel in Ponta du Ora, helder water en baie mooi
onderwater.
Goeie kampplek in Sugarloaf
kampterrein,
St Lucia Spar het omtrent alles wat ‘n vakansieganger
nodig het, veral lekker vars brood elke dag!
80lt NL en kompressor
(wielpomp) werk baie goed.
4x4-roete na Kosibaai-mond is vol
bespreek, ons kry nie plek nie.
Lang afstande ( +-250km) van
Sien geen olifante in Tembe
Olifantpark nie. Ons herdoop die park na Tembe
Olifant-lose-park, of Tembe Njalapark, of Tembe Koedoe-park!
Hopenlik die laastekeer wat ons met opblaasmatrasse gaan
kampeer… dankie tog vir kompressor!
Daar was te min maats vir die
kinders (14 – 18jr) in
Algemeen:
As ons weer hierdie trip doen, sal ons langer
voor die tyd bespreek om seker te maak ons kry plek by
Smeer maar goed sonbrand voor jy gaan snorkel, jy lę so
lank jou en vergaap aan al die mooi onder die water dat jou rug rooi brand!
Die kombinasie van verskeie aktiwiteite, strand,
strandmeer, wildtuin, alles in een maak dit ‘n
besonderse vakansiebestemming.
Kosibaaigrenspos-formaliteite
neem nie lank nie, beamptes vriendelik en hulpvaardig. “We are very happy to have you here, thank
you!” Hulle aanvaar
ZAR. R60 vir 4 volwassenes en 1 kind, R160 derdeparty
vir voertuig. Loop ‘n draai om
die mense van sekere versekeringsmaatskappy wie versekering aan my wou verkoop
aan Mosambiek-kant…
Neem SA id-boek saam na
Hluhluwe-Umfolozi-park, SA burgers betaal R35 p/p, terwyl buitelandse besoekers
R70 betaal.
Paaie:
4x4 help in Tembe as daar verkeer van voor kom en jy moet
uit die spoor uitdraai… andersins nie regtig nodig nie, hoë grondvryhoogte is
noodsaaklik.
Daar is genoeg paadjies tussen Kosibaaigrenspos en Ponta
du Ora om een te kies wat 4x2 kan ry… ons kom selfs ‘n Corsa bakkie teë wat
indraai van Ponta Molangane se kant af!
Corsa ry die pad maklik!
Spoedwalle tussen Hluhluwe en Kosibaaigrenspos
Vermy liewer
Matubatuba-dorpsgebied.
.