Hy vat eenvoudig nie nee vir n antwoord nie, maar dan moet ek in dieselfde asem bieg dat my eerste nee glad nie
oortuigend was nie. Dis een van daardie "nee"s wat mens eintlik opgewonde maak....want jy weet hy gaan nie hou nie

So toe Braam vir my vir die tweede keer vra of ons nie n groepie moet opmaak en gaan kyk of mens die Hunters in die nat seisoen
kan ry nie,was dit n baie swakker nee. Ek reken toe om hom af te sit van die idee bel ons gou vir Hennie Rautenbach en kry sy
report met foto's hoe hulle gesukkel het deur n nat Hunters so paar jaar terug.
Groot fout.....toe Braam die foto's sien, was daar geen keer nie.
"Ok".....reken ek na vier biere "As julle dan wil gaan sukkel, kom ons gaan sukkel...kry die manne bymekaar dat ons ry".
Braam pluk vier 100 pula note uit en hy skryf datum op elkeen asook die boodskap "Sien jou daar" daarby.
Dit was vier maande gelede.......
Idee was om maar by Oom Ben Moller van Elephant Sands te bly hoor hoe val die reen en dan te korrel om so einde Februarie te ry.
Begin Januarie maak ek en Braam datum vas : 20-26 Februarie
Soos met alle manne-trips is daar 600 wat wil saam, ons was bekommerd want ek wou nie die groep grootter as 6 voertuie he^ nie.......veral nie as dit
n natspul is nie, dan verdubbel jou recovery tyd met elke voertuig.
Realiteit is egter n snaakse ding en die ouens val soos vliee uit hoe nader ons aan D-dag kom.
So is ons toe op D-dag vyf voertuie wat aantree vir die avontuur
Ek wou bittergraag met Obelix ry, maar om in die naam van pret 2000 km alleen in n voertuig te ry (en alleen brandstof te hoes), het net nie sin gemaak nie.
So spring ek toe saam met Con Nieuwoudt in sy VX 100 Cruiser.
Ek gebruik sommer die geleentheid om Kubu (oorle Anton se ou Cruiser) se lisensies te gaan hernu in Francistown. Vir n groot 4x4 betaal jy P245 per jaar teenoor ons R 880
in Suid-Afrika. Ons ry vooruit om die saak te gaan afhandel.
Platjan grenspos (30 minute)

Platjan Border by chris.merwe, on Flickr
Die res van die groep kry ons by Elephant Sands waar ons die eerste nag oorbly

Camping- Elephant Sands by chris.merwe, on Flickr
Die groep :
Ek en Con Nieuwoudt - Land Cruiser VX Turbo Diesel
Dean en Christo - Isuzu Pick-Up 300 T/D
Braam en Naas - Land Cruiser 76 S/W 4.2 Diesel
Oom Nick en Stefan - Hilux D4D
Charles en Andre - Nissan Patrol 4800 petrol

Hunters Group by chris.merwe, on Flickr
Op Elephant Sands se grond staan n reuse hardekool boom wat beskou word as die grootste een in die wereld. n Paar van sy takke wat afgebreek het is juis gebruik as
stutpale ens. in die eet lapa van E/S.Nie n vreeslike hoe boom nie, maar n massiewe stam.

Giant Leadwood by chris.merwe, on Flickr
Ses kilometer noord van Elephant Sands draai ons reg op n stuk pad wat skuins in n noord-oostelike rigting beweeg na die Zim grens. Ons vorder fluks maar word voorgekeer
by n kamp deur twee mans wat net beduie ons mag nie deurry nie, ons moet terug teerpad toe. So ry ons terug teerpad toe, en vat die cutline so 60 km noord van Elephants.
Dit is dieselfde een wat ons in 2007 gebruik het.

Green Hunter's Road by chris.merwe, on Flickr
Die deel is nog droog en ons vorder goed. By die Bots/Zim grens draai ons noord.
Braam is baie bly ons trip het gerealiseer en ons is uiteindelik op Hunters......ek het julle gese^ hy is n onrustige en n baie besige kerel


Jump of Joy

Ons kry die eerste water en Charles glo aan momentum


Momentum.....lot's of it

Ons vorder beter as wat ons verwag het, en besluit teen 3-uur om anker te sak. Niks jaag ons nie.

Hunters 2013 106 by chris.merwe, on Flickr
Dis nog warm, maar onder Oom Nick se Ostrich Awning sit ons lekker met n koue ietsie in die hand

Relaxing by chris.merwe, on Flickr
Ons kamp nie ver van n pragtige pan vol water af nie en kort voor lank storm ek die water in my adamsgewaad vir n heerlike afkoel. Van die manne volg my voorbeeld en
ons breek die hitte met n lekker bos swem in die middel van nerens.

Leadwood by chris.merwe, on Flickr
Son sak en ons begin skrop vir n kossie

Botswana sunset by chris.merwe, on Flickr
Heerlike aand saam met vriende om die vuur

Wild Camping by chris.merwe, on Flickr

Campfire sparks by chris.merwe, on Flickr
Oggend is ons vroeg uit die vere maar geniet eers n rustige koffie terwyl die son die tente droogbak na die nag se dou.

Morning coffy by chris.merwe, on Flickr
Nie 100 jaar nie word die wereld skielik natter. Oom Louw het ons gese^ so 100 km voor Pandamatenga en verder noord het dit baie gereen. Die gras is ruig en ons val vir die eerste
keer vas.

Stuck by chris.merwe, on Flickr
Nie groot drama nie....uit kom die toue en n ordentlike pluk agtertoe is al wat nodig is

Backward recovery by chris.merwe, on Flickr
.....en toe tref ons hom, n nat Hunters. Groot dele water en recoveries word algemeen.

Stuck by chris.merwe, on Flickr
Gelukkig het ons voorbereid gekom. Almal het die normale staps en toue, maar Braam het n 30 meter kabel saamgebring(waarmee hulle vragmotors rondsleep) . Andre
het n tou-strap van seker ook hier by die veertig meter. In totaal het ons ver oor die 100 meter sleepgoed en dit is nog sonder die twee wenaste in die groep.

Recovery gear by chris.merwe, on Flickr
Sonder die lang sleepgoed was ons in ons kanon in....

Stuck by chris.merwe, on Flickr

Muddy and Soggy by chris.merwe, on Flickr
Die wereld word een water en modder massa en ons besef daar is nie n manier wat ons Panda sal haal nie , waarskynlik glad nie, maar beslis ook nie teen die tempo wat ons
vorder deur die modder en water nie.
Ons besluit om met die 'Twee Kremetart" cutline terug te sny teerpad toe, dan noord tot by Pandamatenga en van Panda af te kyk of ons Kazuma panne kan haal wat so 23 km noord
op die Hunters le^.

Baobab Cutline by chris.merwe, on Flickr
Op Pandamatenga vind ons egter uit dat dit nog natter is tussen Panda en Kazuma as wat ons reeds ervaar het suid. Intussen het Oom Nick n oog infeksie opgetel wat by die
uur erger en seerder word. Die groep besluit om eerder die 100km verder noord na Kasane via teerpad aan te pak.....daar so bietjie herbeplanning te doen , Oom Nick by mediese hulp te kry, en
sommer n dag of twee daar laag te le^. Vir n deel van die groep was dit ook hulle eerste besoek aan Chobe.
So le^ ons vir die volgende twee dae teen die Chobe terwyl ons al die toeriste goete daar doen, Oom Nick word versorg en ek en Braam beplan.
Ons nuwe strategie is om Hunters van bo af te ry en te kyk hoe ver suid ons kan vorder, ideaal sal wees om Kazuma vanuit die noorde te bereik aangesien dit andersins onmoontlik was.
Na n lekker tydjie by Chobe spring ons weer op die Hunters, reg van bo teen die Kazankulu grenspos af suid deur pragtige groot kiaat en knoppies doring bome

Kiaat en Doring by chris.merwe, on Flickr
Ons gaan drink n bier by Oom Louw se plek Sinyanati , en vat koers suid.

Green Hunters by chris.merwe, on Flickr
Ons maak goeie vordering en die pad is nie te sleg nie, plek-plek groot waterpoele maar niks wat nog nie baas geraak het nie. So ongeveer 25 km voor Kazuma kom ons
ons tweede moses tee op die trip.......die Seloko moerasvlakte.

Land Cruiser by chris.merwe, on Flickr
Hier het ons nie n kat se kans gehad nie, die ergste van potklei wat ek in my lewe gesien het, en die moeras is basies agt kilometer in deursnee.

Mud,sweat and beer by chris.merwe, on Flickr
Die potklei vorm sommer vir jou nuwe wieldoppe


Sticky cutton by chris.merwe, on Flickr

Clay formed a wheelcap by chris.merwe, on Flickr

Hunters Road by chris.merwe, on Flickr
Maar laat dit in die anale aangeteken word.....ONS HET PROBEER !!!

Wet and Muddy by chris.merwe, on Flickr

Recovered backwards by chris.merwe, on Flickr

Mud,sweat and beer by chris.merwe, on Flickr

Mud Wheels by chris.merwe, on Flickr