Reisverslag: MELKBOSSTRAND NA ANGOLA - JULIE 2007

A Forum to ask questions and share advice that pertain to self drive, self-sufficient overland safaris to Angola. Questions about border procedures, National Parks, Lodges and destinations welcome.
User avatar
Hennie
Site Admin
Posts: 1483
Joined: Sun May 28, 2006 6:11 pm
Location: Pretoria, Gauteng, South Africa
Contact:

Reisverslag: MELKBOSSTRAND NA ANGOLA - JULIE 2007

Postby Hennie » Fri Nov 09, 2007 4:13 pm

MELKBOSSTRAND NA ANGOLA - JULIE 2007

Div, Ileana & Kristoff de Villiers & Demitri Mouton - Toyota Hilux 2.4 Ltd DC, Ted & Celeste Gough - Colt 3000 V6

1. Donderdag 28 Junie
Vertrek 14:30 vanaf Melkbosstrand en slaap in Springbok in die huis Ou Dokters.
R500.00 per nag vir huis met 7 beddens (beddegoed & handdoeke ingesluit) &
veilige parkering vir 2 voertuie agter hek. Baie netjies & billik.
Kontak: Jopie Kotze by die Springbok Lodge: 027 712 1321 (tel) of 027 712 2718
(Faks) of www.sa-venues.com/nc/springbok_lodge.htm .

2. Vrydag 29 Junie
Van Springbok na Noord -oewer, vinnig deur SA grenspos, stadiger deur Namibiese
kant, ry na Mariental. Slaap oor by River Chalets in huisie met 5 slaappl ek, gougou
kry ons ekstra matras, beddegoed en handdoek vir Demitri.
Koste: R530.00 vir chalet, baie netjies & billik.
Kontak: Elrine by 00264 63240515 (tel) of 00264 63242601 (Faks) of by
garbers@iway.na .

3. Saterdag 30 Junie
Ry na Windhoek, ontmoet Manny, Rene & Canhoca by polisie -kontrolepunt. Stop
in Okahandja by Piet se Plek vir baie biltong (nat en vet!) en reuse steaks.
Daarvandaan na Kamanjab via Otjiwarongo en Outjo en ontmoet res van die span:
Louise Edge - Land Rover Defender 110 HT Tdi en Francois Oosthuisen en Nick
Ferreira in Oosie se Land Rover Defender 110 SW 2.8i.
Kamp in die Kamanjab Ruskamp teen N$40.00 pppn - 8 kampplekke met skadu -
bome, kraan, geboude tafel met bankies, en braaiplekke. Elektr isiteit is ook
beskikbaar en baie netjiese ablusiegeriewe (warm water dmv 'n donkie).
Daar is ook 2 slaapplek bungalows met storte & toilette, wat as 'n bed -en-ontbyt
bespreek word. Verder is daar 'n lapa met restaurant en kroeg.
Kontak: Rolf of Tina by 00264 67 330 290 (tel) of 00264 67 330 291 (faks) of
irobert@iway.na of kamanjabrestcamp@iway.na .

4. Sondag 1 Julie
Ry na Ruacana, kry petrol en die nodige en vertrek na grenspos. Aan Namibiese
kant redelike diens (gaan maar stadig!) en ry na die Ruacana Valle se uitsigarea -
min water!. Stop by Angolese grenspos - net 'n vaal geboutjie met die 2006 Amigos
plakker op die ruit - om 14:50 en vertrek 16:16. Beamptes is ar rogant, stadig (alles
word met die hand geskryf) en die Chef soek ons oorspronklike brief van
uitnodiging - ons het nie 'n afskrif nie, die feit dat ons visa het beteken die brief is
na Kaapstad Konsulaat gestuur (het by die Kaapstad Konsulaat gevra vir 'n afskrif,
maar is gese dat die visa die teken is dat hulle 'n brief ontvang het). Manny, in die
Chef se kantoor, bly kalm, praat sy mooiste Portugees, probeer sy bes, maar die
Chef hou voet by stuk: draai terug of wees bereid om US$100.00 in sy hand (of
dan in 1 van die paspoorte) te druk! Laagtepunt van die hele avontuur!
Nou gaan die polisiebeampte, wat of dronk of dik gerook is, ons voertuie deursoek -
weer praat Manny en ons pak net effens af. Canhoca moet my wyn toets, en sluk
byna die helfte weg !!!
Stop op die damwal en neem foto's van Calueque dam - vertrek om 'n oornagplek
langs die pad te kry in 'n droe rivierloop - heelpad 2 spoor pad.
Kry slaapplek in wye rivierloop, maak vuur en chill!

5. Maandag 2 Julie
Arriveer in Chitado - lyk maar treurig! Stop by laerskool en laai skenkings af:
Bybels, Skryfbehoeftes, Weetbix, Sokkerballe ens. Die onderwysers en kinders is
in ekstase, en sing en klap hande.
Intussen word ek en Kristoff deur die Chef van die dorp (Burgemeester) ontbied
om hom te sien - wil ons seker bedank vir die groot skenking aan die skool - maar
nee, ons word behoorlik uit -ge-kak, aangesien ons eers sy toestemming moes vra
om die goed uit te deel! Manny moet maar weer die praatwerk doen, vra
verskoning namens ons almal en ons ve rtrek spoedig. Daai Chef wou net die
shine vang!
Stop by die volgende stat en ons volgende skool: Etapela laerskool. Wat lyk na
die pre-primere klassie word onder 'n droe boom waargeneem, terwyl res van die
skool in skoolgebou van droe takke klas loop. Die skoolbanke is planke op
mikstokke, seker vreeslik ongemaklik, maar daar's nie 'n kind in die stat nie - almal
is in die skool! (Hoe bevoorreg is ons kinders!!!). Die keer gaan ons dit reg doen:
soek eers die Burgemeester, wat toe dieselfde as in Chit ado is -ek draai wragtag
nie om om daai man weer te sien nie! Volgende in rang is 'n vrou wat
opheffingswerk onder Etapela se vroue doen - ons wag en wag - dit is 38°C, sy
kom nie uit nie. Praat toe maar met die onderwyser (is seker die skoolhoof ook),
wat in ekstase is oor die skenkings wat sy skool gaan ontvang: weer Bybels,
Weetbix, skryfbehoeftes, sokkerballe, haarknippies vir die meisies ens ens. Hy se
net die heeltyd God Bless en Obrigado. Dit is duidelik dat die Angolese regering
van hierdie dor pies/statte en die inwoners vergeet tot net voor die volgende
verkiesing!
Sleg pad tot by Otjinjau - ry verby tot 17:00 en besluit op boskamp ent voor
Cahama. Canhoca doen 'n recce van die area, se dis veilig en ons slaan tente op
en maak vuur. Slaap we er soos babas!

6. Dinsdag 3 Julie
Pak op en vat pad na Cahama - stop op pad by die reuse Boabab vir foto's, en by
wrak van weermagvoertuig. In Cahama, groterige dorp, ruil ons US$ vir Kwanza
by die bank (danksy Manny en sy id), gooi petrol in, en laai o ns vuilgoedsakke af in
die vuilgoeddromme by die petrolstasie - locals kan nie verstaan dat ons ons
vuilgoed saamry, en nie net langs die pad weggooi nie!
En toe klim ons op die hoofpad/highway/noem dit wat jy wil, maar die k@kste stuk
pad wat ons nog gery het! Laat Swartbooisdrif langs die rivier op pad na Epupa na
'n Sondagmiddag uitstappie voel! 10 - 15 km/h maksimum vir + - 170 km - die
bakkies word geroei in 1ste, 2de, 1ste, 2de, 1ste, 2de, "Ek's in 3de!", skree Oosie
op die radio - wel, geluk! Terug na 1ste, 2de ens ens ens - die pad voel of dit nooit
ophou nie! So 30 km voor Chibia word padwerke gedoen - daar's 'n bietjie meer
teer, maar steeds slaggate.
In Chibia kry ons koue koeldranke en bier, en die eienaar van di e winkel/sjebeen
wys my die opgestopte kop van 'n Palanca Negra, die nationale bok van Angola.
Dis 36°C.
Stoot aan na Lubango en slaan die stad net mooi in tjaila -tyd verkeer, na 10 uur op
die pad - baie besig met mense en voertuie. Kry die pad na Palan ca Negra Lodge
en laat waai in daardie rigting. Kom daar, is die kampplek 'n stuk skuins rooi grond
wat ook die parkeerarea vir die mense in die bungalows is, met geen geriewe. O
nee, ons is moeg en seer rondgeval in die voertuie op die highway, en beslu it om
almal kamers te neem en in restaurant te eet. Kamers baie netjies, lekker storte.
Kry die URI Advertures -groep daar, waaronder Wilma Butler wat saam met ons
werk - hulle vertrek die volgende oggend na Lobito. Marius is die groepleier, met
Johnny as die kok (kom weer terug na die kok by Flamingo).
Die ete is lekker, ons kuier lekker, en duik in regte beddens!

7. Woensdag 4 Julie
Na 'n wonderlike nagrus is ons reg vir alles wat na ons kant kom vandag, en nog
meer so nadat ons die ontbyt -tafel aangeval en leeggemaak het! Oe, en die lekker
koffie! Vertrek om na die Dorslandtrekkergrafte te gaan soek - kom tot by die
waypoint, maar sien niks! Tyd is beperk, en ons ry na die Christus Beeld - dit is
ongelooflik, maar net jammer van al die rommel wat ro ndgestrooi le rondom. Die
linkerhand se vingers, die voorkop en die bors het steeds skietmerke. Van hier af
sien mens hoe groot Lubango is.
Ry terug na Lubango en vat pad na Tundavalla - Savimbi se krans waar ontroue
soldate afgegooi is. Dit is taamlik ver uit die dorp, en 'n stadige pad, maar absoluut
die moeite werd. Die hoe kranse, met die skeur waar die beendere gele het, gee
jou koue rillings! Wat het deur die gedagtes van die veroordeelde soldate gegaan
waar hulle agterin 'n voertuig vervoer is om daar afgesmyt te word?
Op pad terug na Lubango stop ons by 'n damwal, waaroor 'n mooi waterval stort.
Op pad na Namibe stop ons eers by die Leba Pas se uitkykpunt - Kristoff vang
summier vir hom een van die klein varkies wat daar rondloop, en ek vind die Series
Landy aan die agterkant van die restaurant -gebou (wou dit vat vir 'n draai, maar dit
was gesluit!). Die pas is 'n meesterstuk - kan sien 'n vrou het dit ontwerp!
Vertrek teen die pas af teen stadige spoed - Nick bly bo by die uitkykpunt om die
konvooi af te neem en Oosie draai halfpad om om hom op te laai.
Onder Leba Pas ry ons in 'n tropiese oase met piesangs, paw -paws en suikerriet,
maar dit hou nie vir baie lank nie, so 1,5 km. Dit is 'n lekker teerpad en ons kan
redelike spoed ry na C araculo en Namibe. Die omgewing verander van die oase
na grasvlaktes met lang geel gras en koppies, dan kort geel gras, dan vlakte met
koppies en klippe, en dan is dit plein woestyn! (lyk soos by Hentiesbaai).
Temperatuur verander van 35°C tot 20°C. In Namibe gooi ons petrol, en sit die
stukke in na Flamingo Lodge om ons hengelpermitte op te tel en 1 aand oor te
slaap. Draai af op sandpad, nog 24km tot by die see. Dis laat, en ons laat waai,
maar stop hier en daar waar ons hout sien om op te laai.
By Flamingo ontmoet ons Ursula, wat saam met Neil Gouws die Lodge en hengel -
uitstappe bestuur. (Neil het saam met Div vir Goodwood Klub en die WP
gehengel, waarna hy ook sy Springbokkleure vir rots -en-strandhengel gekry het).
Kontak www.aasafari.com
Kry ons kampplek en slaan tente op, en maak 'n reuse vuur. Die kampplek het 'n
tipe gevlegde mat kombuisarea, met 'n wasbak, tafels, 'n 3 -plaat gasstofie en 'n
gasbraaier vir steaks. Daar is ook 2 stort -areas, ook van mat , met 'n stort, wasbak
en toilet elk. Dit is baie basies, maar netjies en 'n groot bonus op so 'n ekspedisie.
So entjie van ons kamp 'n man en vrou met 'n Land Cruiser - maak later kennis om
die vuur. Dit is Tom en Janet Wilson, gewese Suid -Afrikaners wat al so 30 jaar in
Kanada woon, en wat nou Kaapstad na London teen die Weskus van Afrika ry. Vir
die volgende 6 maande kan ons hul wedervaringe saam beleef by
www.adventurouspirits.com - Hulle het reeds tee n die Ooskus van Afrika van Kaapstad
na Kairo gery (2006) met dieselfde Cruiser, en het interessante stories op hul
webblad - kyk spesifiek na Ethiopie, waar Janet bestuur het en 'n seuntjie voor hul
voertuig ingehardloop en dood is, en die trauma waardeur hulle is.

8. Donderdag 5 Julie
Besluit om nog 'n dag by Flamingo te bly en net te ontspan!
Div en die seuns vroeg op om te hengel, en Ted, Celeste, Manny, Rene en
Canhoca ry na Namibe vir inkopies - die res doen wasgoed, stof die voertuie bietjie
af, maak iets te ete, stap op die strand, en chill net.
Die vissermanne kom laterig eers terug, Div met sy 1ste Angolese kabeljou van
18kg, verder is kolsterte en 'n groot klipvis gevang en teruggesit. Kristoff vang
skemeraand 'n mooi haaitjie, wat ook summie r terug in die water is.
Die vuur word verwoed gestook, want vars kabeljou moet gebraai word! Almal
geniet die vis vreeslik, en die Kanadese lek hulle vingers stomp!

9. Vrydag 6 Julie
Water by die kampplek is op, so ons stort by een van die huisies, kry ook daar
water vir koffie en skottelgoed. Pak op, se koebaai vir Ursula, Neil en Kabous, en
ry terug na Namibe. Eet 'n broodjie by 'n "coffee -shop", kry ons hengelpermitte,
gooi petrol, kry die nodige pao en groente by "Fruit & Vedge", kry bier, koel dranke
en water by die mark, en vertrek na Bentiaba. Ry eers oos in rigting van Lubango,
draai dan noord, en laat waai! Was nie lank nie toe is ons weer in die slaggate, en
dit gaan maar stadig. Hou verby Bentiaba, kry die vuurtoring gemerk op T4A -
besluit dit is bietjie ver (hoog?) see toe, en ry verby Bentiaba na klein
vissersdorpie. Vra locals of hulle omgee dat ons daar kamp, geen probleem, en ry
strandlangs in dik sand so eintjie uit dorpie. Dit is al amper donker, slaan gou
kamp op en stook die vuur vir 'n braai.

10. Saterdag 7 Julie
Div en die seuns ry vroeg om te gaan hengel by die punt van die baai - ons ander
vat later 'n rustige stappie in hulle rigting. In die baai is laaities op 'n bootjie
(bakkie) besig om net te steek (net soos op Vel ddrif) - trek later die net in die boot
en het heelwat vis. Ons vissermanne is nie so suksesvol nie, die water is te sterk,
so Nick kan ook nie duik nie. Kristoff verloor 'n groot kreef wat hy met sy visstok
gehak het.
Regs van die rotse waar hulle henge l is die privaat kamp van een of ander ryk jafel
van Benguela, waar hy naweke sy vriende onthaal - daar is tente, water, storte,
long-drops?, tot 'n opsigter -familie (1 man, 2 vroue, 2 seuntjies, 1 dogtertjie), met 'n
hele dieretuin! Die honde is duidelik gebaster met jakkalse, daar is baba -hondjies,
klein katjies, kuikens, - hier staan die tyd stil, so genoeg kans om aan te teel!
Deel speelgoed uit aan die kinders, Weetbix vir die familie en ry terug na ons
kamp.
Tom en Janet is opgepak, en val in die p ad rigting Luanda - voel of ons familie
moet groet!

11. Sondag 8 Julie
Nog 'n hartseer dag: ons moet Manny, Rene en Canhoca groet - hulle ry huistoe
(Luanda). Ons breek kamp af, pak, blaas sokkerballe op vir die kinder in die
dorpie, stop by die skool en gee Weetbix, Bybels, skryfbehoeftes ens vir die
onderwyser (ook die skoolhoof!). Swaai suid en mik vir Ferado (net om te sien hoe
dit lyk). Vat afdraai, ry sinkplaat pad, op teen 'n taamlike skuins bult, en daar is die
pad gesluit met 'n ketting en slo t! Die eienaar soek definitief nie onbespreekte
gaste nie! Besluit om om te draai, en daar is die Colt, met 'n regtervoorwiel wat lyk
of dit hand-in-die-sy staan!!! Met nadere ondersoek is dit duidelik dat 'n daar 'n
bout verloor is, maar waar? Terwyl d ie manne planne beraam, soek ek en Celeste
die verlore bout, en kry dit onder die Hilux le - Ted is weer 'n happie chappie, bout
op sy plek, en ons ry na Baba Beach.
Slaan kamp op langs rotse en sandsteenformasie en terwyl die kerrie prut, hengel
die manne. Vang kleinerige vis, wat teruggesit word. Ons kamp is by een van die
mooiste plekke wat ons nog gesien het.

12. Maandag 9 Julie
Val in die pad rigting Namibe, maar ry kuslangs. Draai in by Mucuio, waar 'n
werkende visfabriek is. Ontmoet Kapena ars wat daar gaan visvang en duik het, en
die een ou wat Portugees magtig is stel ons voor aan die eienaar van die fabriek
(die baas van die plaas). Word vriendelik vertel wat hulle doen, die plek is baie
netjies, het 'n eie skool, sokkerveld met 'n pavil joen, 'n reuse trop boerbokke, ens.
Deel natuurlik weer sokkerballe, Bybels, skryfbehoeftes ens uit, en vertrek verder.
Volgende stop is by die skeepswrak, waar ons stop vir foto's en die seuns
rondklouter, en dan 'n klein vissersdorpie, waar alles baie netjies en skoon is. Op
'n steier le klein vissies wat gedroog word, hulle eet dit seker in die plek van
biltong!
Stoot aan deur Caramap, wat weer soos 'n oase in die woestyn lyk, na Namibe en
dan Flamingo. By die garage staan ons in 'n lang tou vir pet rol, hierdie keer moet
die jerrykanne ook volgemaak word, aangesien dit die laaste petrol tot in Ruacana
is. Ontmoet 6 aartappelboere van die Sandveld, met hul CAR Land Cruiser
Bakkies, op pad na 'n aartappel -skou/konferensie in Luanda, waar hulle moere
gaan smous. (Hulle laai net sakke en sakke ys agterin daai Cruisers!). By die
"coffee-shop" kry ons pao warm uit die oond, vul ons voorrade aan, en ry na
Flamingo. Sien die Uri -groep by die reuse Welwitsia, hulle is ook op pad na
Flamingo.
Maak kamp, kry die vuur aan die gang, die seuns gaan hengel en Kristoff vang 'n
kabeljou van 8,5kg, wat ongetwyfeld vrieskas toe gaan.
Die Uri-groep kampeer, en gebruik ook die kombuis en stortgeriewe. En daar val
Johnny die kok weg om kos te maak: voorgereg is gebr aaide bacon -sosaties,
daarna is dit hoender -en-groente pot op fluffy wit rys, met slaai, en seker nog
poeding ook (ek het maar nie gekyk nie!) Ons braai lekker vetterige lamsrib, en
almal kuier lekker om die vuur. Neil, Ursula & Kabous val later in (Stro oitjie die
worshond is ook by) en ons geniet die aand terdee.

13. Dinsdag 10 Julie
Vandag ry ons na Pediva Warmbron, so almal is vroeg aan die gang, groet die Uri -
groep wat die dag oorstaan, se bye vir Neil, Ursula, Kabous & die werkers, en sit
die stukke in tot by die teerpad.
Pad loop deur "Godverlate vlaktes", dan skielik is jy by Lake Arco - 'n oase! Baie
water, die kleinboere woeker op hul landerye - ongelooflik hoe belangrik water is!
Sien die mees fantastiese sandsteen formasies - een lyk soos 'n gesig wat
uitgekrap is!
Sit ons klippe op die stapel vir goeie geluk, en stoot aan na Pediva. Dit is vreeslik
warm! Links by die vurk, en eindelik is ons daar - ook 'n oase in die kleine! Almal
gaan eers die water voel, van warm tot baie warm, en dan soek ons koelte . Die
Colt en Tdi se neuse is lekker onder die een koelteboom ingetrek, die res staan in
die son. Na 'n rukkie kom 5 Dimbas om "kennis" te maak - staan 'n wyle, en gaan
sit later op hul hurke - hulle is hier vir 'n lang gesels! Net jam mer hulle verstaan nie
eens Portugees nie!
Onthou skielik van die geocache wat Hennie -hulle weggesteek het, en besluit om
volgende oggend dit te gaan soek.
Na ons braai besluit Div, Nick, Kristoff en Demitri om hul matrasse sommer langs
die bakkie neer t e gooi vir slaaptyd - ons slaan nie vanaand tente op nie. Is
volgende more natuurlik sopnat gedou, maar dis deel van die avontuur.

Woensdag 11 Julie
Pak op, ry terug tot by die vurk, kry die geocache ('n draught Windhoek bier),
ongelukkig nie die bottel met die briefie nie, skryf gou 'n nota, wat saam met 'n vars
bier (Carlsberg) teruggesit word op dieselfde plek.
Kry oorlogswrak, dan Baptista se Rock Lodge kamp - ons is nou op pad na Foz do
Cunene vir 'n paar dae se hengel. Skielik verloor ons radiokom munikasie met Ted
en Oosie - draai later om, en kry hulle met die Colt se enjinkap oop. Skrik eers,
maar genadiglik is hulle net besig om die slang te probeer van wat al van Pediva 'n
geleentheid vat - die kobra het seker te veel stof gevreet, of anders h et Ted te
stadig/vinnig gery na sy sin, daarom steek hy toe sy kop by die enjinkap uit, en kyk
Ted vierkantig in die oe! Na 'n gawe gejuig, met allerhande goeters wat gespuit is,
is die slang langs die pad (lewendig), en ons vertrek. Nou lag ons, maar di t kon 'n
lelike storie afgegee het! Ons besluit ook om nie weer ons voertuie onder bome te
parkeer nie!
Stop in Espenheira om foto's te neem, en stoot aan na Foz. Kry die Ford langs die
pad, en Kristoff en Demitri maak planne om met die motor terug Melk bos toe te ry -
nie baie suksesvol nie! Dit is plat klipperige sinkplaat aarde, waarna dit oorgaan in
die sandwoestyn - oral is spore, en sonder 'n GPS sou ons maar gesukkel het.
Kom laatmiddag in Foz, die wind waai, dis koud, ons "boek" in by die plaasli ke
polisiekantoor, en soek kampplek. Oorweeg eers die ou pompstasie gebou, maar
dit stink vreeslik! Ry daarvan see toe (Div kan nie meer wag om te hengel nie!),
bekyk die wereld so bietjie, en draai terug om kampplek te soek. Einde ten laaste
kry ons redelik beskutte plek, slaan eers windnette op, maak kamp, vuur - Oosie
besluit dat as die wind more nog so waai, vat hy die pad Ruacana toe. Sal maar
moet sien!

Donderdag 12 Julie
Wat 'n pragtige dag! Wind het gaan le en die manne gaan hengel - almal spring in
die Hilux, met die visstokke wat voor in die houers staan lyk dit soos 'n bewegende
rietbos! Ek en Celeste reken dit is 'n goeie tyd vir wasdag, en laat waai rivier toe
met ons kommetjies. Die water is heerlik, die son skyn - paradys! Toe die
wasgoed alles op die draad is, word tente gevee, kamp bietjie reggeruk, kos
gekook, gechill, gelees, geslaap.
Die manne kom eers laatmiddag terug, baie vis gevang, meeste is teruggesit, maar
genoeg gebring vir aandete. Die tjokka is by na gedaan, en Div vra die Fozpoliesman
om vir ons aas te kry - klein vissies wat hy met 'n gooinet vang. Sal
more dit by hom kry. Arme Demitri het met sy visvangery sy nuwe visstok gebreek,
maar geen probleem, tussen ons sal daar 'n ekstra visstok wees wat hy kan
gebruik. Almal kuier om die vuur terwyl vis gebak en gebraai word. Hopelik is
more weer so 'n mooi dag, want daar is nog baie visse wat gevang moet word!

Vrydag 13 Julie
Div roer ons vroeg, die viswaters wag! Vandag gaan ek saam, wil darem graag my
eie Angolese kabeljou (of enige ander vis for that matter) vang! Celeste & Louise
besluit om later by ons aan te sluit, en 'n gepakte Hilux stoot sy neus in die vis se
rigting.
Ons poliesman kon ongelukkig nie aas kry nie, vra toe maar die hengelaars van
Lobango wat so entjie van ons afstaan. Kry lekker sak aas, en die katrolle sing!
Elke gooi 'n vis! Kry darem self 4 kabeljoue, sit 2 terug, die ander 2 bloei en sal
maar geeet moet word. Dit is die eerste keer dat Nick met 'n stok hengel, en gou -
gou bring hy die een vis na die ander uit. Ted, Oosie, Div, Kristoff en Demitri
baljaar onder die kabeljou!
Redelik baie verkeer vandag op die strand, met die groep SAs wat laat gisteraand
by Foz aangekom het - hulle bly in die ou huise/geboue wat Rico Sakko opgekna p
het vir verhuring.
Celeste & Louise maak 'n draai, en laatmiddag pak ons op - en toe kom Iggie mos
daar aan (hy woon in Swakop, het jare terug saam met ons gewerk by Koeberg, en
doen tans kontrakwerk hier wanneer ons 'n afsluiting het). Dis 'n vreeslik groetery,
die manne vat toe so 'n paar ietsies van blygeid om mekaar te sien, ons beduie
waar ons kamp is, en ry.
By die kamp brand die vuur al hoog, die manne moet nou eers die vis gaan
skoonmaak en opsny by die rivier. Dit is nogal 'n tydsame joppie, maar met die
vele hande is dit sommer ligte werk! Met ons vis in die vrieskaste kuier ons om die
vuur, braai…. en toe kom Iggie mos weer daar aan! Dit het laat geraak, en nog
later, en nog later!

Saterdag 14 Julie
Vandag vertrek ons rigting Ruacana - ons het gehoor dit is drie dae se ry! Pak op,
groet Foz en sy mense, neem laaste foto's, en pak die woestynpad! Net 'n entjie
van Foz begin die Oos -wind waai - binne oomblikke is die ou voertuigspore
uitgewis, en die sig is swak, maar ons is nie bang nie, ons het 'n GPS met T4A se
kaarte! Die waaisand lyk soos digte mis, en amper verloor ons vir Ted & Celeste
wat sonder GPS is. Na wat soos 'n ewigheid voel verbeter die sig, en ons ry tot by
Espenheirra waar ons vinnig stop om te eet.
Kry die pad na Ruacana, en besluit om so ver moontlik te ry, en dan maar 'n
kampplek te soek. Dit word 'n lang dag! Gaan maar stadig! En dis warm! En die
pad is… wel, sleg! Die natuurskoon daarenteen is fantasties - bome, berge,
koppies, bossies.
En daar staan d ie trok van die een of ander staatsdepartment in Tomboa die hele
tweespoorpaadjie vol, sonder twee van die wiele - twee! Die twee manne by die
lorrie lyk nie juis haastig nie (van hul trawante het hulp van Tomboa ontbied), en
ons maak pad rondom die gevaa rte - snoei sommer die bome in die proses..
Entjie verder kry ons 'n polisie -voertuig wat na Tomboa onderweg is - die "chief"
poliesman wou nog vrae vra, maar ons Bon Dia net vriendelik, tata vir hulle en wys
hakskene/bumpers soos ons aanstoot. Kry lekk er rivierloop vir kamp, dra hout aan
vir ons vuur, en ontspan. Tente word nie opgeslaan nie, en matrasse le sommer
langs die bakkies. Hoor later die Dimbas praat by hul stat, wat baie naby is.

Sondag 15 Julie
Tweede laaste oggend in Angola, en vandag r y ons deur Oconcua. Die
natuurskoon bly pragtig, dit is lekker warm, almal is reg vir die laaste deel van ons
avontuur. Sien uit om inkopies in Oconcua te doen, koue koeldrank en bier, en
vars pao - waar? Oconcua? Ry die dorp binne, Celeste sien 'n gro terige gebou,
en besluit op die spot dat dit 'n hotel moet wees! Maar nee, dit is die hospitaal!
Ontmoet die Duitse dokter, vind uit waar ons die nodige kan koop, en deel die
laaste Bybels, speelgoed, skryfbehoeftes uit. Die dokter is vreeslik in sy nop pies
met die speelgoed, wat aan die kinders in die hospitaal gegee word.
By die cuca-shop is daar net bier, koeldrank en twee pakkies stokou spagetti -
verder soos in niks! Ons koop bier en koeldrank, gee sokkerballe aan die kinders,
en val in die pad. Dit is weer bult op en af, berg op en af, droe rivierlope, klip.
Maar na twee weke is dit nog steeds lekker!
Kry weer slaapplek in 'n rivierloop, braai lekker, en besluit om more vroeg te roer.
Slaap weer net langs die voertuie. Nick het 'n nare ondervin ding met 'n
bobbejaanspinnekop (wyfie of skewe mannetjie?) wat sy slaapsak met hom wil
deel - klap die ding dat dit doer trek!
Maandag 16 Julie
Pak in die donker op, en sit die stukke in vir Ruacana. Ry deur talle statte, deur
droe rivierlope (lekker kampplek), sien Angola Harley's, oral is vaartbelynde honde
wat die voertuie wil opvreet! Neem foto's van die boabab wat staan so ver die oog
kan sien.
Dan is ons terug by die "grootpad" - op pad na Chitado. Hierdie keer ry ons net
deur, en kort voor l ank is ons by die grens. Flink en vriendelik word ons hierdie
keer oor die grens gehelp, terwyl dit aan die Namibiese kant heelwat stadiger gaan
- ons voertuie word bekyk, ons moet agter oopmaak, moet verduidelik "what that
thing?" is (vrieskas) en wat da arin is (ons het die vis netjies toegepak). Die laaie
word oopgemaak en bekyk, en toe kan ons ry.
Stop in Ruacana vir petrol, koue drinkgoed, eetgoetertjies, en daarvandaan na
Oshakati, waar ons ons ekspedisie afsluit by die Oshandira Gastehuis - word
behoorlik op die hande gedra!. Netjiese kamers met regte beddens, regte storte, 'n
spoeltoilet!!! Na lekker kuier en eet (tot mopanie -wurms) by die restaurant duik ons
in daai sagte beddens!
Kontak: Oshandira Lodge, P O Box 958, Oshakati, Tel : +264 (0)6 5 220443, Fax :
+264 (0)65 221189, oshandira@iway.na

Dinsdag 17 Julie
Staan heelwat later op as gewoonlik, en eet heerlike ontbyt in restaurant. Groet
die mense van die gastehuis (voel soos familie!) en dan is dit die groot koebaai -
vandag gaan ons groep uitmekaar. Ted, Celeste & Louise ry na Walvisbaai, Oosie
& Nick ry na 'n pel se plaas naby Grootfontein, en die De Villiers'e ry huistoe -
Kristoff en Demitri het sms'e gekry dat hulle Donderdag groot rugby -oefening het
voor Saterdag se wedstryd.
Stop in Okahandja vir biltong en ry tot in Windhoek, waar ons oorslaap.

Woensdag 18 Julie
Wikkel vroeg, en toe die Hilux sy neus suid draai, is daar geen keer nie. Besluit
om deur te druk tot in Melkbos, waar ons 00:1 5 voor Demitri se huis stop.
Div se: Sonder die volgende toerusting bly jy by die huis :
1) GPS met T4A kaarte.
2) 2 spaar bande
3) Tyre plugs om die kleiner lekke mee reg te maak.
4) Genoeg drink water per dag(Ten minste 20L per dag)
5) Twee rigting radios tussen vo ertuie.
6) Sattelliet foon
7) n “Mechanic” in die konvooi..(Hulp is hier nie rerig sprake van nie)
8) Genoeg eerstehulpmiddele om die meeste krisisse mee uit te sorteer.
9) “Recovery” kit
10) Brandstof om 1000km te dek.
11) n Goeie vrieskas.met ekstra battery.
12) Kritiese spaar parte.
13) Maak seker van jou voertuigversekering.
14) Maak seker van hoe jy medies gedek word in Angola (Evakuasie)
15) Doen jou huiswerk deeglik voordat jy die avontuur aanvat.
16) As jy iemand kan saamneem wat Portugees magtig is, is dit n bonus.

Return to “Angola”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest