Angola : Augustus 2012

A Forum to ask questions and share advice that pertain to self drive, self-sufficient overland safaris to Angola. Questions about border procedures, National Parks, Lodges and destinations welcome.
User avatar
chris
Posts: 20
Joined: Mon Aug 14, 2006 7:13 pm
Location: Polokwane RSA

Angola : Augustus 2012

Postby chris » Sat Feb 16, 2013 1:34 pm

n Opgewonde groep Suid-Afrikaners kom op Rundu bymekaar en ontmoet vir Eben Delport van Uri Adventures.
Eben beplan om gereeld toere na Angola te begelei en ons was baie opgewonde om die volgende 12 dae die onbekende te verken.

Dag 1 :
Die groep beweeg vanaf Rundu na die grenspos Katwitwi tussen Namibie en Angola.
Grensprosedure neem basies 2 ure in beslag en Angola begroet ons met n skuddende stofpad. Een van die eerste dinge wat mens vinnig moet
gewoond aan raak is die feit dat jy in Angola aan die regterkant van die pad ry.
Image
Gravel Travel by chris.merwe, on Flickr

Die eerste 150km loop die pad al langs die Okavango rivier....of soos hy in Angola bekendstaan die Cavango.
Image
Okavango river by chris.merwe, on Flickr

Aand een slaap ons tussen Savate en Tunga sommer so langs die pad in a quarry. Eben verduidelik hoekom : "Angola het nog n baie ernstige landmyn probleem en van die veiligste plekke om te kamp is in so quarry." Daar word lekker gekuier om die kampvuur en ons word getrakteer vir aandete op tipiese Uri feesmaal.

Image
Angola Camping by chris.merwe, on Flickr

Die afgelee plekke het sy eie-soortige vulstasies, motorfietse is baie gewild in die land, en hierdie vulstasies vorm deel van n hele mikro-ekonomie op sy eie.
Image
Fuel Station by chris.merwe, on Flickr

Bo en behalwe motorfietse kom mens ook redelike "luukse" gesinsvoertuie tee :-)
Image
Local transport by chris.merwe, on Flickr

Die platteland is arm, maar tog is dit duidelik dat almal genoeg kos en klere het en die mense is baie vriendelik.
Image
Angola Rural by chris.merwe, on Flickr

Dag 2 :
Daar word groeg opgepak en ons beweeg verder Noord-Wes tot waar ons by Caiundo oor die Okavango rivier ry. Die pad verander skielik in n pragtige stuk teerpad vanaf Linguele. Die deel van Angola is baie mooi bosveld omgewing met verrassend baie kiaatbome.
Hier is geen wild, maar wel baie beeste en varke.....laasgenoemde ongetwyfeld nog n erfenis van die Portuguese era.
Die konvooi beweeg noordwaards deur die klein dorpies van Capico en Massosse tot ons die eerste groot dorp teekom sedert ons Angola binnegery het.....Menongue. Ongeveer 20 km voor Menongue kom ons op n tenk begrafplaas af langs die pad. Eben se plan is dat ons eers gaan voorrade aanvul in Menongue en dan terugkom vir foto's. Die idee is ook om hier naby weer langs die pad te slaap in n quarry. Ons kry geen brandstof op Menongue nie, maar woord is dat die brandstof trokke oppad is en dat daar wel more sal brandstof wees.
Ons keer terug na die tenk begrafplaas en die groep neem n tydjie om die tenk wrakke van nader af te bekyk
Image
Barrol of Death by chris.merwe, on Flickr
Image
Tank with ammo by chris.merwe, on Flickr
Image
Tank Graveyard by chris.merwe, on Flickr

Dag 3 :
Na n lekker nag beweeg ons weer hoopvol Menongue toe en die slag kry ons brandstof by n groot vulstasie net buite die dorp. Anla is ryk aan olie en die land is selfvoorsienend in terme van brandstof. Petrol kos 6 Us$ per liter en diesel n skamele 4 US$. Dit het ons die bedrag van R 800 gekos om presies 250 liter diesel in te gooi.
Eben lei ons na Fort Manongue,n plek op n koppie net buite die dorp wat gebruik is om die dorp te verdedig tydens die oorlog.
Verlate lugafweer kanonne kan nog tussen die fort se mure gewaar word.
Image
Anti-aircraft gun by chris.merwe, on Flickr

Die groep word ook die gellentheid gegun om voorrade aan te vul, brood is volop beskikbaar asook vrugte en groente.

Ons beweeg in n Noordwestelike rigting deur die dorpie Chitembo en dan wes tot by die dorpie Chinguar, hier draai ons reg suid en ry vir ongeveer 20 km op n smal grondpad tot ons uiteindelik by
die oorsprong van die Okavango rivier uitkom.Die omgewing herinner sterk aan ons hoeveld omgewing, mooi grasvlaktes en aansienlik koeler as die suidelike gebiede.
Image
Origin of the Okavango River by chris.merwe, on Flickr

Baie moelik om te glo dat die magtige Okavango rivier hier bo in Angola as n klein stroompie sy ontstaan het
Image
Start of a mighty river by chris.merwe, on Flickr

Ons oornag naby die oorsprong van die Okavango by n verlate boeresaal uit die Portuguese era.

Dag 4
Vandag beweeg ons verder noord deur die groot dorp Huambo wat vir jare gedien het as n vesting en hoofkwartier van Unita. Hier is tekens van die felle oorlog nog oral in die stad sigbaar.
Image
Angola War by chris.merwe, on Flickr
Image
Huambo by chris.merwe, on Flickr

Dit is duidelik dat die oorlog hier baie intens was en tekens van die vergange burgeroorlog is steeds orals langs die pad te sien
Image
Tank wreck by chris.merwe, on Flickr

Die land is egter aan die opstaan en oral tussen dorpe is hulle besig om teerpaaie te bou.....
Image
Our convoy by chris.merwe, on Flickr

n Ander kenmerk van die deel van Angola is sy kleurryke markte. Opemarkte waar jy iets van alles kan koop. Soos genoem is groente volop.
Image
Angola Market by chris.merwe, on Flickr

Van Huambo af beweeg die konvooi reg noord deur klein plekkeis soos Chipipa,Mungo,Calucinga verder noord deur Mussende tot ons ons oornagplek bereik by Porto Condo. Ons kamp langs die walle van die Kwanza rivier....een van Afrika se groottes.
Image
Kwanza River by chris.merwe, on Flickr

Ons kamp so 600m onder n waterval en mens kan nie anders as om jou te bly verkyk aan die massas water nie


Dag 5:
Soos Eben verduidelik is die plan om vandag na nog n wondelike gesig van Angola te gaan kyk....die Calandula valle wat gelee is in die Lucala rivier.
Die Calandula waterval is voorwaar n belewenis.....n gordyn van water wat in breedte strek oor die 400 meter wat presies 105 meter ver val is n gesig wat
mens nooit sal vergeet nie.
Image
Calandula Falls by chris.merwe, on Flickr
Image
Calandula Falls by chris.merwe, on Flickr

Nie ver van die Calandula af nie, gaan wys Eben vir ons n pragtige kerk....
Image
Church by chris.merwe, on Flickr
Image
Church by chris.merwe, on Flickr

Ons beweeg verder suidwes na ons beplande oornagplek....Pedras Negras.

Pedras Negras is n enorme rotsformasie wat kompleet lyk of dit net so uit die plat aarde verrys het.
Image
Pedras Negras by chris.merwe, on Flickr
Image
Pedras Negras by chris.merwe, on Flickr

Dag 6:
Van Pedras Negras af reis ons oor deur Dondo,Lussusso en draai wes by Quibala tot by Gabela. Die wereld word hier skielik bergagtig en met die hoer reenval word dit meer n tropiese klimaat.
Dit voel skielik of ons in n ander land is soos mens deur groen woude met enorme bome beweeg.
Image
Angolan forests by chris.merwe, on Flickr

Ons kamp by n koffieplantasie op n sokkerveld....die enigste gelyk stukkie aarde wat ons kry.Dit is Saterdag laatmiddag en die plaaslike sokkerwedstryd word kortgeknip sodat ons kan kamp opslaan voor sononder.
Image
Soccerfield camping by chris.merwe, on Flickr

Dag 7:
Ons bring n besoek aan tannie Pepe, n Portugese ou dame wat nog voluit boer met koffie, sy regeer en beheer die koffie plantasie en werkers met n ysterhand en is een van bitter min Portugese wat vasgebyt het met die boerdery.
Daar loop n sterk fontein met vars water uit die berge uit op haar plaas en almal maak van die geleentheid gebruik om waterkanne vol te maak.
n Vervalle hospitaal word besoek wat gebruik was om die eertydse plantasie werkers te bedien. n Dubbel verdieping hospitaal wat destyds 4 voltydse dokters en 20 verpleegsters in diens gehad het.
Image
Hospital at Coffy Plantation by chris.merwe, on Flickr
Image
Hospital by chris.merwe, on Flickr

Ons geniet sommer n vroee middag ete by die hospitaal
Image
Hospital by chris.merwe, on Flickr

Van hier af beweeg ons wes na die kusdorp Lobito waar Eben by n hotel gereel het dat ons op die strand voor die hotel mag kamp.
Image
Lobito Beach by chris.merwe, on Flickr

Hier sou die groep ook vir die eerste en enigste keer op die toer gaan uiteet. Ons gaan eet by die Zulu restuarant en vind vinnig uit hoekom besoekers nie baie uiteet in Angola nie. Die
kos is van goeie gehalte, maar peperduur. So betaal jy vir n 500g T-been R 500 , vir n halwe hoender R 200 of as jy lis is vir n stukkie vis sal dit jou R 400 uit die sak jaag. n Bottel wyn sal jou enige iets tussen R200 en R 5000 kos. Vleis oor die algemeen is duur....selfs by Shoprite betaal jy R 250 /kg vir steak.

Dag 8:
In Lobito maak ons n draai by n klomp ou trekkers en plaas toerusting wat langs die pad staan, alles nog uit die ou vergange Portugese era...
Image
Vintage Tractor by chris.merwe, on Flickr

Ons ry n baie netjiese dubbelpad tussen Lobito en Benguela. Hier is ook duidelike tekens dat die land besig is om kop op te tel, mooi moderne geboue....goeie paaie en n baie netjiese sokkerstadion.
Die konvooi beweeg verder suid en ons kamp n tweede aand op die strand naby n vissersdorpie met die naam Equimina. Die wind waai aanvanklik, maar kom so uur na sononder tot rus en die groep geniet n liefliike aand op die strand.

Dag 9 :
Daar word verder suidwaards met die kus af beweeg in die rigting van Namibe. Die omgewing verander weereens na n droeer klimaat met opmerklik minder plantegroei.
Ons slaan kamp op so by Pedra Beach so 80 km noord van Namibe, besoek n ou skeepswrak wat ek tydens n besoek in 2006 afgeneem het. Verbasend wat ses jaar se wind en weer aan n wrak kan doen.
Wrak in 2006
Image
Stranded by chris.merwe, on Flickr
Image
Russian vessel by chris.merwe, on Flickr

Wrak in 2012
Image
Russian shipwreck by chris.merwe, on Flickr

Image
Russian shipwreck by chris.merwe, on Flickr


Dag 10:
Ons beweeg deur Namibe verder suidwaarts. Ons wil vir twee dae by Flamingo Lodge oorstaan sodat almal kan ontspan en die manne wat kan n vissie probeer vang.

Konvooi
Image
Convoy enroute to Pedra Beach by chris.merwe, on Flickr

Dag 11 :
Flamingo Lodge
Rusdag, daar is geen amptelike program vandag nie en toerlede gebruik die dag om sommer net te ontspan en die manne met visstokke die geleentheid te bied om n lyntjie nat te maak.
Niks so lekker as n vars vis op die kole langs die see met n roosterbroodjie nie
Image
Beach Braai by chris.merwe, on Flickr

Image
Tasty Grunter by chris.merwe, on Flickr

Nie ver van Flamingo Lodge af nie , kan die kleurryke Canyon ook besoek word.
Image
Canyon close to Flamingo by chris.merwe, on Flickr

Dag 12 :

Vandag reis ons weer binneland toe, reg oos tot by Humpata net voor Lubango. n Groot hoogtepunt vandag is die Leba pas net voor Humpata. n Pragtige stukkie pad wat beslis gery moet word.
Image
Leba Pass by chris.merwe, on Flickr

Humpata is ook bekend omdat dit is waar n groot klomp dorslandtrekkers hulleself gevestig het. Hier is ook n gedenknaald opgerig en verskeie grafte van die dorslanders kan hier gesien word. Die grafte is ook verklaar tot nasionale monumente.
Image
Dorsland-trekkers Graveyard Humpata by chris.merwe, on Flickr

Ons kamp dan ook naby die dorsland grafte by Fazenda Jamba Campsite. Een van die min betaande amptelike kampplekke in Angola.....kompleet met warm storte en spoeltoilette.Dit is dan ook ons laaste aand as groep saam in Angola, so n gepaste groepfoto is die aangewese ding
Image
Tour Group by chris.merwe, on Flickr

Dag 13 :
Besoek die Statue of Christ net buite Lubango
Image
Statue by chris.merwe, on Flickr

Ons pak die laaste deel van ons reis aan en ry n mooi teerpad tot by Cahama. Net voor Cahama word ons voorgekeer in n padblokkade en al die voertuie se papiere en ons paspoorte word nagegaan. Die eerste keer op die toer. Ander padblokkades is ons as toeriste net deurgewaai met die swaai van n arm, so al het die episode n uur in beslag geneem kan ons werklikwaar nie kla nie.

Van Cahama af volg ons n tweespoorpad deur mopanie veld tot by die Omahenene grenspos waar ons na 2 ure se grensprosedure Angola vaarwel roep.
Chris vd Merwe

Return to “Angola”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest