Croc's,Strops en Gedoentes

Hier deel ons stories, twak, nostalgie en sommer baie grappe. Dit is hier waar die middeljarige Afrikaner op 'n amusante manier vir ons 'n terugblik kan geen op al die snaakse dinge wat op Safari gebeur het. Of toe jy nog in die weermag was. Daar is nie 'n beperking op die onderwerp nie. Hou die taalgebruik skoon en vermy telegram styl skryf (soos die verkorte woorde wat mens deesdae per SMS ontvang). Gaan mal en geniet dit !

User avatar
chris
Posts: 21
Joined: Mon Aug 14, 2006 7:13 pm
Location: Polokwane RSA

Croc's,Strops en Gedoentes

Postby chris » Wed Feb 01, 2012 9:33 am

Ek loop altyd met n paar Hightec V-lites aan my voete in die bos. Hulle werk vir my .

Plakkies en goed soos Strops, Crocs en Rocky's .....hulle werk nie vir my nie. Kyk ek sukkel nooit met stinkvoete nie, maar liewe aarde.........gee vir my net n stel plakkies. My voete begin binne twee ure sweet , soveel so dat ek binne-in my eie plakkies

begin "slip-en-slide".........en na vyf dae in die bos kan jy rotgif maak met die klanke wat daaruit kom.


So gaan ons as gesin met n Desember vakansie af Kaap toe eenjaar , Crocs het soos n groot golf oor Suid-Afrika gespoel en al wat leef en beef "oo-en-aa" oor die goed. My vrou besluit twee dae voor ons ry sy rus haar hele van-der Merwe-gesin ook uit met Croc's.

Ieder en elk van ons wen vir ons n paar Croc's....of jy nou wil of nie....met komplimente van Mevrou af. Ek kon met die hele idee nog vrede maak, ons gaan immers see toe en die gedoentes sal seker werk vir die strand, maar vrouens kom van tyd tot tyd met verrassingings vorendag ,

party sien jy aankom en ander glad nie.........ek het die een nie sien kom nie, glad nie......nie eers die kinders nie....en hulle is meestal wakkerder as ek .

Pappa beer kry syne eerste.....sulke "shocking" oranje krokkedille. Klein Lente begin spontaan giggel. Toe die kinders se beurt....al drie van hulle word uitgerus met presies dieselde "shocking" oranje Crocks. Hulle lag, vir hulle is dit snaaks en groot sports .

Sien hulle KAN lag daaroor want omdat hulle voete heelwat kleiner is , staan die oranje nie so duidelik uit soos Pappa beer s'n nie .

Daardie paar nr.12' Crocs lyk baie meer soos twee Kajaks langs mekaar as wat hulle enigsins na n paar skoene lyk , en waar hulle bedaard giggel en grappies maak soos hulle vir mekaar met die Crocs op en af parradeer.....bars almal spontaan uit van die lag as ek met die twee

Kajaks aan my voete aangeloop kom. Ek kyk vraende na Mevrou. "My man....dit gaan werk vir ons, nou kan ek presies sien waar julle op die strand is ". Sy was doodreg.....jy kon die vanneMerwe's eenvoudig nie mis nie, herken die gesinnetjie al n myl ver daar waar hulle met die Croc's op die strand sit.

Daardie vakansie het ek besef hoe voel n vrou met groot borste.......want as ek daardie Crocs aan het, was dit maar presies dieselfde, niemand kyk eerste na jou gesig nie, .... in my geval kyk almal eerste na my voete ....en dan na my gesig.

Maar daar is tog nog n verskil.....anders as eersgenoemde , word ek nie bewonder of beny nie:-)




n Ander paar skoene wat ook amper n verdere knou in my selfbeeld veroorsaak het, was n paar Strops wat ek op n tyd gedra het, met sulke canvas-groen "staps" en swart sole. Die dae voor ek Hightec's ontdek het , gaan ek net met die paar Strops bos toe....niks ander skoene nie , nugter weet

hoekom.

Dag een al besef ek die Strops kan vir my vinnig in n potensiele strespunt verander ....en mens wil nie op toer met strespunte sit en sukkel nie.....veral nie as die strespunt jou eie maaksel is nie.

Dag ses op ons toer is ons by Moremi en ek besef dat my eie persoonlike strespunt se water besig is om te breek. Ek kan nie meer nie.....die klanke uit die Strops herinner nou al sterk aan n kombinasie van Ureum Kunsmis en Swaelsuur , ek is vas oortuig n bees sal

summier opblaas en vrek as hy net eenkeer aan hulle lek.

Die aand toe ons gaan le^ is ek so gatvol vir die goed dat ek besluit hulle slaap nie weer

saam met my in een tent nie.Die reuke en geure kan dalk net gedrogte met skerp tande lok , selfde soos wat kan gebeur as jy vleis in jou tent hou....groot moelikheid.

My tweede gedagte was dat ek dalk in n tipe skyndood kan verval as die klankie so deur die nag dalk momentum opbou.....of erger nog.... die klanke mag dalkies net per ongeluk meng met ander ontsnappende gasse...dit kan katastofies raak !!!

Die feit dat ek in gevaar is om n bloudood in my eie tent te kan sterf is een te veel en ek bou nuwe planne.


Skenk die twee "lyke" dan vir die hienas.

Ek trek hulle summier uit en los hulle buite .....die hienas sal dit in die nag kom opvreet , sonder om my tent eers aan flarde hoef te skeur .

Ek ken Moremi se hienas, hulle vreet letterlik enigiets wat jy buite los op, dit het ek al menigmaal self ondervinding. Van beltgespes tot selfs ou Frik se Soda Stream gasmaker. Daardie ou tipes wat jy van agter laai met so so langwerpige staalsilinder en dan druk jy n botteltjie met gewone

water hier voor in en jy slaat n knoppie aan die bokant n paar keer tot hy nou soos n siek trok se "exhaust brake" knor en dan weet jy die proses is voltooi, en jy sit met sodawater.....soort van :-)

Sien Frik drink Whiskey en Soda,net dit....geen koffie of tee of bier of sappies nie......whiskey en soda..... maar nie sommer enige kafee- sodawater nie , sy eie gasmasjien se sodawater...dit loop soos "battery en torch" saam met sy Patrys-whiskey....beduie hy trots .

So reis Frik met sy eie Soda-fabriek die wereld vol. Hy kan n rooster vergeet, hy kan sy paspoort vergeet, maar hy sorg altyd dat die gasmaker en twee silinders nie vergete agterbly nie.

Frik los die Soda Stream affere op die tafel toe ons gaan le^ die spesifieke aand. Ek se^ nog hy moet alles bere, maar hy mompel net ......"wat weet hienas nou van whiskey en soda af, hulle sal nie sy fabriek kom pla nie."

Hulle het toe kom pla.....tot ons en veral Frink se bittere spyt.

Om n lang storie kort te maak,daar skep ou Frik vir homself toe sy eie potensiele strespunt.......Moremi se hienas vreet daardie Soda-masjien van Gert op dat ons nie eers die staal gassilinder terugkry nie. (Gert se vrou giggel nou nog oor die staalsilinder, sy reken iewers

in Moremi loop daar steeds n hiena rond wat vol borrels en winde is .) So sit Gert homself op Whiskey en water vir die res van die toer.


Terug by my eie storie oor die Strops.......Volgende oggend is die hele wereld onder hiena spore , reg rondom my tent en reg rondom die Strops, ek kyk en ek kyk weer , maar ek kan nie my eie oe glo nie.....daar is

letterlik so wye kring hiena spore om die twee strops geloop....hulle staan net soos ek hulle neergesit het .

Asof ek teen n duisend ooggetuies wil stry......herhaal ek die oefening weer net so die volgende aand.....met presies die selfde resultate , die hienas raak nie aan die plakkies nie

Toe reken ek myself : Kyk , ek weet voor my heikige siel die skoene is lankal nie meer geskik vir menslike gebruik nie , maar as n Moremi hiena nie eers twee keer na hulle kyk nie....dan is dit duidelik tyd :-)

Daar was selfs n dowwe knalgeluid of twee toe ek hulle met een sierlike swaai onder dawerende applous by die bek van Derde Brug se warmwater-donkie inskiet , ek het maar vinnig weggestap.....sementstukke trek ver as so donkie ontplof !!!


Chris.
Chris vd Merwe

Return to “Stories, Humor, Grappe en Kwinkslae”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest